Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
die Uitverkiesing :Website Builder
Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing
Troos of Vertwyfeling...?

Troos of Vertwyfeling ?

"Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in líefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as Sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van Sy wil . . . . " Efésiërs. 1:4-5 )

* * *

"Is ek uitverkies?" - Dit is een van die kwellende vrae wat baie mense besig hou. As ons nie duidelikheid hieromtrent verkry nie, bly ons in die grootste onrus en onsekerheid lewe aangaande die boodskap van die Bybel. Want - so redeneer ons - as ek nie uitverkies is nie, wat sal dit my help om my besig te hou met die Bybel? En as ek uitverkies is, dan sal die Here mos alles vir my reg maak, dan sal ek buitendien in die Hemel kom - dus, wat sal ek my daaroor bekommer?

Wanneer ons so met voortdurende vertwyfeling bly redeneer oor hierdie saak - vandag sus en môre so - dan bly ons onder gedurige spanning sodat ons eintlik geen energie vry het om die Here in vreugde en blydskap te dien met ons hele hart, ons hele siel en al ons kragte nie. Dat daar wel baie probleme in verband met die uitverkiesing bestaan, moet ons erken, maar ons moet ook een ding leer voordat ons hierdie saak kan benader en dit is dat ons moet luister na wat die Woord van God ons hieromtrent verkondig. Want die Heilige Skrif laat ons nie in die duister omtrent hierdie saak nie; wel kan ons deur verkeerde interpretasies van die Skrifgegewens die saak vertroebeld voorstel. Daarom moet ons luister na die Woord van God.

    

 

Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017